Kamov Ka-27

Kamov Ka-27 Helix A

Kamov Ka-27
Omskrywing
Rol Teen-duikboot helikopter
Bemanning 1-3 bemanning plus 2-3 spesialiste
Eerste vlug Desember 1974
Vrygestel 1982
Vervaardiger Kamov
Afmetings
Lengte 11.30 m
Rotoromtrek 15.80 m
Hoogte 5.50 m
Massa
Leeg 6 500 kg
Gelaai 11 000 kg
Maksimum opstyggewig 12 000 kg
Aandrywing
Enjins 2x Isotov turbo-as
Vermoë 1 660 kW elk
Werkverrigting
Maksimumsnelheid 270 km/h
Normale kruissnelheid 205 km/h
Operasionele reikafstand 980 km
Plafonhoogte 5 000 m
Bewapening
2 000 kg. 2 torpedo's (Ka-27)
55 mm missielrakke of 4 GTLs, 7.62 mm MG, 30 mm kanon (Ka-29)
Sensors
Radar, MAD of dompelsonar, sonarboeie (Ka-27)
RWR, ESM, EW sisteme (Ka-29)
Ka-27

Die Kamov Ka-27 (NAVO naam 'Helix') is 'n militêre helikopter van dieselfde klas as die Ka-50 wat vir die Sowjetvloot ontwikkel is. Tans word die helikopter deur Rusland, Oekraïne, Vietnam, Suid-Korea, China en Indië gebruik. Daar bestaan variasies soos die Ka-28 (uitvoermodel), Ka-29 militêre vervoer (16 troepe), die Ka-31 verkenner, en Ka-32 siviele vervoermodel.

Ka-27 gebruikers
Rooi: militêre gebruik (uitgevoer); blou: siviele gebruik

Die helikopter is ontwerp vir 'n teen-duikbootrol en om troepe te vervoer. Die ontwerpwerk het in 1970 begin en die eerste prototipe het in 1974 gevlieg. Die bedoeling was om die Kamov Ka-25 Hormone, wat toe reeds 10 jaar oud was, met die Ka-27 te vervang. Die helikopter lyk ook baie soos sy voorganger aangesien dit in dieselfde loodsruimte as sy voorganger op 'n skip moes pas. Soos die ander Kamovhelikopters is die Ka-27 ook sonder 'n stertrotor, omrede die ko-aksiale rotors 'n stertrotor oorbodig maak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search